KOPSKUIF

26 Apr KOPSKUIF – Speel-speel leer met Dokka Swart: Hoe Doen en Leer kinders se wêreld verander

35 MIN
In hierdie episode van Kopskuif gesels ons met Dokka Swart oor Doen en Leer – ’n innoverende, holistiese program wat kinders help om lees, wiskunde en algemene leer op ’n speelse manier baas te raak. Die program gebruik visuele, ouditiewe en kinestetiese metodes om leer pret en toeganklik te maak. Ontdek hoe hierdie projek, ondersteun deur Vriende van Afrikaans (VVA), hoop bring aan kinders wat voorheen gesukkel het om te lees – en hoe dit hul selfvertroue en wêreldbeskouing verander. Moenie hierdie inspirerende gesprek misloop nie!
AF  SOUTH AFRICA